Products in Cart :
You have 0 items in your cart (R0)


Bekendmaking van die wennersin De Krans se fotokompetisie tydens 'Boorde Vol Bloeisels'


Posted on: 2014-09-10
Posted by: De Krans

Baie dankie aan almal wat deelgeneem het aan ons eerste fotokompetisie by De Krans tydens Boorde vol Bloeisels op 30 Augustus 2014. Ons het altesaam 65 fotos ontvang. Baie dankie aan elkeen wat deelgeneem het! Daar was soveel mooi fotos en dit was werklikwaar moeilik om die wenners te bepaal.

 

Baie geluk aan die volgende wenners – sien die wenfotos:

 

Algehele wenner: Alwyn Roets – 12 bottels van De Krans se wyne

 

Tweede plek: André du Plessis – 6 bottles van De Krans se wyne

 

Derde plek: Michael Jackson – 3 bottels van De Krans se wyne

 

Beste kinderinskrywing: Mark Sturgess (7 jaar oud!) – 6 bottels van De Krans se alkoholvrye Wit Druiwesap.

 

Ons sal dit waardeer as al die wenners ons dringend kan kontak met hulle volledige straatadresse en kontak telefoonnommers, ons wil graag julle pryse so gou moontlik aanstuur.

 

Nogmaals baie dankie vir almal se deelname, volgende jaar einde Augustus maak ons weer so!

 

Groete

 

DE KRANS SE SPAN

 



View articles