Products in Cart :
You have 0 items in your cart (R0)


De Krans by ABSA KKNK 2015


Posted on: 2015-03-18
Posted by: De Krans Wines

De Krans is by 2015 ABSA KKNK in die Rivierbuurt

WAT IS DIE RIVIERBUURT?

Dis die feesterrein vir die hele gesin en huisves ’n rits feestelike areas met musiekprogramme, ’n inkopieparadys, feeskos, yskoue drinkgoed, verskeie wynstalletjies, gratis vermaak
vir die kleinspan en ’n speelpark vir die adrenalienverslaafdes.

WANNEER IS DIT OOP?

Hekke open 09:00 en sluit weer 20:00.

WATTER MUSIEK KAN EK DAAR HOOR?

By die kykNET Musiekverhoog kan jy uitsien na onder andere Riana Nel, Manie Jackson, Die Heuwels Fantasties, Joshua na die Reën, Nicholis Louw, Jay, Liani, Wicus van der Merwe, Radio-Kalahari Orkes en nog meer.

Dan is daar nog heelwat vermaak by die Coke-musiekverhoog wat kinders veral sal geniet en Lollos kom maak ook ’n draai.

WAT EET EN DRINK JY HIER?

Daar is genoeg eet- en drinkgoed, met en sonder skop, vir elke smaak en voorkeur. Kom smul en kuier saam in die koelte terwyl jy die musiek geniet. Die musiekverhoog, kroeë en kosstalletjies is oop tot laat.

Dan is daar ook Liplekker! Hierdie is amper soos ’n kos- en wynhemel. Jy kan wyn proe uit die omgewing en daar is ’n deli met heerlike, vars produkte. Die onderdak area is in die De Jagers Sportkompleks, wat deel is van die Rivierbuurt. Oop tussen 11:00 en 18:00.

WAT KOOP EK HIER?

Die Absa Kunsmark bied daagliks vanaf 09:00 tot 18:00 meer as 400 stalletjies met unieke produkte, geskenke en aandenkings. Daar is nog heelwat inkopie-stalletjies voor Pick n Pay en in Queenslaan: dis oop van 09:00 tot laat

WAT KAN DIE KINDERS DOEN?

Vir die jongspan is daar ’n groot verskeidenheid kindervermaak met onder meer die mallemeule, poppekas, storievertellings en gesigverf.

HOEVEEL KOS DIT?

Wil jy gereeld kom?
Vir net R200 kry jy toegang vir nege dae tot die Rivierbuurt.

Of net af en toe?
Dagkaartjies kos R50.

Betaal kinders?
Toegang vir kinders onder 16 met ouerbegeleiding is gratis.

WAAR IS DIE RIVIERBUURT?

Die Rivierbuurt lê tussen die De Jager Sportsentrum (Voortrekkerweg) en Kerkstraat. Daar is vier ingange: een agter die De Jager Sportsentrum vanuit Voortrekkerweg, een aan elke kant van St Johnstraat en een in Kerkstraat.



View articles