Products in Cart :
You have 0 items in your cart (R0)


De Krans weer kampioen kelder


Posted on: 2015-09-01
Posted by: De Krans Wines

De Krans Wynkelder in Calitzdorp is verlede week weer, soos in 2014, aangewys as die Kampioen Privaat Kelder in die Klein Karoo by die 2015 Klein Karoo Jongwynskou.
 

De Krans se wynmaker, Louis van der Riet, het vanjaar veral uitstekend gevaar met sy natuurlike wyne. Die 2015 Free-Run Chenin Blanc is aangewys as die Kampioen Wit wyn van die Klein Karoo Jongwynskou en was ook die Kampioen Chenin Blanc vir 2015.  Die 2015 Basket Press Cabernet Sauvignon is aangewys as die Kampioen Cabernet Sauvignon van die streek en die 2015 Wild-Ferment Chardonnay is bekroon as Reserwe-Kampioen Chardonnay van die Klein Karoo.  De Krans het vanjaar ook die meeste klas wenners by die skou verower, nie minder as 7 vir verskillende wyne van oor die hele wyn spektrum.


De Krans het ook uitstekend gevaar by die 2015 SA Jongwynskou deur drie goue medaljes (twee vir portwyne van De Krans en een vir die Free-Run Chenin Blanc 2015) en verskeie silwer medaljes te verower by hierdie skou.  Volgens Louis van der Riet is hierdie uitslae ‘n duidelike bewys dat De Krans nie net uitstekende port wyne berei nie (soos die SA Kampioen Port trofees in 2012 en 2014 reeds deeglik bewys het), maar ook puik natuurlike wyne van kultivars soos Chenin Blanc, Chardonnay en Cabernet Sauvignon berei, wat met die beste wyne in die land kan saam praat.
 

De Krans se 2015 Free-Run Chenin Blanc en 2014 Wild-Ferment Chardonnay het verlede week ook albei goue medaljes verower by die landwye 2015 Gold Wine Awards kompetisie.



View articles