Products in Cart :
You have 0 items in your cart (R0)


Boorde Vol Bloeisels


Posted on: 2016-07-28
Posted by: De Krans Wines

De Krans Wynkelder in Calitzdorp bied op Saterdag 27 Augustus 2016 die derde BOORDE VOL BLOEISELS in Calitzdorp aan.  Hierdie tyd van die jaar is die vrugtebome (appelkose, perskes en pruime) van De Krans vol in die blom, wat dit ‘n ongelooflike prentjie maak om te aanskou. Hierdie lentebloeisels kondig elke jaar die begin van ‘n nuwe jaar aan vir die vrugte- en wingerdbedryf in Calitzdorp.

 

Vanjaar kry besoekers weerdie geleentheid om self hierdie skouspel te beleef. Om hierdie dag baie spesiaal te maak het De Krans vele verrassings vir elke besoeker:

 

  • Die eerste keer ooit in Suid-Afrika: ‘n Baie interessante Biscotti en Wyn proe word aangebied deur die bekende Francois Ferreira om 11vm, 1nm en 3nm by De Krans. Kaartjies moet verkieslik vooraf bespreek word by De Krans (tel 044 – 2133324) om teleurstelling te voorkom. Prys vir hierdie proe  is R85 per persoon (slegs 18 jaar en ouer).
     
  • Begin die dag vanjaar om 09:00 met ons Wingerd-kronkel, ‘n unieke draf of stap tussen die wingerde en boorde vol bloeisels van De Krans.  Deelnemers kan kies tussen ‘n afstand van 5 of 10km.  Hierdie is ‘n lekker uitdaging terwyl jy die skilderagtige omgewing en vars lug geniet. Inskrywings kan vooraf gedoen word by De Krans, of op die dag by De Krans vanaf 8vm.  Wynpryse word toegeken in verskillende afdelings.
     
  • Besoekers kry heeldag die geleentheid om tussen die vrugtebome van De Krans te loop om hierdie pragtige lentebloeisels van naby te sien en te fotografeer. Wynpryse is op die spel vir die mooiste fotos wat op hierdie dag geneem word.
     
  • Tydens hierdie lentebloeiseldag kry besoekers ook die geleentheid om die wingerdstokkies wat in 2014 en 2015 aangeplant is, te kom snoei.  Die kampioensnoeiers van De Krans sal teenwoordig wees om jou touwys te maak.
     
  • De Krans se bistro en deli sal oop wees vanaf 9vm tot 5nm met die heerlikste geregte berei deur ons eie sjef Retief van der Walt. Ongelukkig word geen tafel-besprekings op hierdie dag aanvaar nie, so kom vroegtydig om ‘n heerlike middagete te verseker!
     
  • De Krans se volle reeks wyne, ook die nuwe 2016 witwyne soos Chenin Blanc en Sauvignon Blanc, asook ons nuwe Pinotage Rosé en Moscato Perlé, sal heeldag te proe en te koop wees.
     
  • Besoekers kry ook die kans om van die interessante skemerkelkies (cocktails) berei deur ons wynmaker Louis van der Riet te geniet.
     
  • André Combrinck sal sorg vir heerlike musiek vanaf 10vm tot 5nm.
     
  • Kom speel ook Boules by De Krans – baie pret vir die hele gesin.
     

Kom geniet hierdie spesiale en opwindende dag met u gesin by De Krans in Calitzdorp (slegs 30 minute vanaf Oudtshoorn) op 27 Augustus 2016. Kontak gerus vir Helet Viljoen by tel 044 – 2133314/64, of stuur ‘n epos na dekrans@mweb.co.za vir meer inligting oor die dag en om jou besprekings te doen vir die Biscotti & Wyn proe of Wingerd-kronkel.