• No products in the cart.
  • No products in the cart.

Pluk vrugte, proe wyn en geniet rustige middagetes hierdie somer op De Krans

HomeEventsPluk vrugte, proe wyn en geniet rustige middagetes hierdie somer op De Krans

Pluk vrugte, proe wyn en geniet rustige middagetes hierdie somer op De Krans

Die somer is ’n seisoen vir uitspan en ontspan. Dink aan luilekker dae langs die swembad of by die see, verfrissende skemerkelkies of glase yskoue witwyn of rosé, ontspanne middagetes en soet, seisoenale vrugte. Vir diegene wat ’n voorliefde het vir heerlike witwyn en rosé, en ontspanne middagetes geniet, is De Krans aan die buitewyke van Calitzdorp die ideale bestemming. Hierdie TripAdvisor-bestemming vat die ervaring ’n stap verder met sy gewilde vrugtepluk van November tot Februarie.

Van 23 November tot 8 Desember sal die landgoed se bulida-appelkose  reg wees om gepluk te word teen R8.50 per kg. Vir perskeliefhebbers is die tydperk 14 tot 29 Desember belangrik want dan sal die Oom Sarel-taaipitperskes gereed wees om gepluk te word teen R9.00 per kg. En asof dit nie genoeg is om die mond te laat water nie, sal De Krans se hanepootdruiwe van 1 Februarie tot 1 Maart gereed wees vir pluk teen R9.50 per kg. Wat die druiwe betref, word belangstellendes aangeraai om die landgoed vroeg in Januarie te kontak om die datums te bevestig.

Aangesien die pluktye van weersomstandighede afhang, word belangstellendes aangeraai om De Krans te kontak voordat hulle die pad vat. Die landgoed sal sewe dae per week tussen 9vm en 4nm oop wees om mense te ontvang vir vrugte pluk en middagete, behalwe Kersdag.

Aangesien ’n dag in die vrugteboord of wingerd ’n stewige aptyt kan opwek, sal die De Krans Deli & Bistro die hongerpyne stil met ’n keur van heerlike, plattelandse geregte wat wissel van smaaklike ontbyt-opsies, deli-toebroodjies, ligte middagetes, burgers en seisoenale slaaie. Al die disse word voorberei om saam met De Krans se reeks wyne geniet te word. Vir diegene met ’n soet tand sal die nageregte beslis iets hê om die maal mee af te rond.

Die deli bied besoekers ’n keur van die omgewing en die Klein Karoo se beste produkte, insluitende plaaslike kaas, olywe, olyfolie, ingelegde en droëvrugte, en konfyt. Daar is ook tuisgemaakte beskuit, Calitzdorp-heuning en ander juwele uit die streek.

Besoekers kan kies om binne of buite in die skaduwee van ’n opgeleide hanepoot-wingerd te sit, terwyl daar ’n speelterrein vir die kleingoed is, asook twee boules-bane en ’n allemintige skaakbord. Kortom, De Krans is die ideale bestemming vir familie en/of vriende.

De Krans is natuurlik ook die tuiste van ’n reeks van meer as 20 uitmuntende wyne en geen besoek sal volmaak wees sonder dat hulle nie op die proef gestel is nie. Die landgoed se wyne het vanjaar weer eens uitgeblink in verskeie kompetisies, soos ’n trofee vir die Best Non-Bordeaux Red Blend op die Trophy Wine Show, ’n platinum- Michelangelo-toekenning, twee dubbelgoue Veritas-medaljes, ’n Platter-vyfstertoekenning en talle goue en dubbelgoue medaljes op vele ander kompetisies. Die volledige reeks port- en tafelwyne van De Krans kan direk by die landgoed gekoop word, asook by verskeie kleinhandelwinkels landwyd of aanlyn by www.dekrans.co.za.

previousnext