Pluk vrugte, proe wyn en geniet rustige middagetes hierdie somer op De Krans
Die somer is ’n seisoen vir uitspan en ontspan. Dink aan luilekker dae langs die swembad of by die see, verfrissende skemerkelkies of glase yskoue witwyn of rosé, ontspanne middagetes en soet, seisoenale vrugte. Vir diegene wat ’n voorliefde het vir heerlike witwyn en rosé, en ontspanne middagetes geniet, is De Krans aan die buitewyke van Calitzdorp die ideale bestemming. Hierdie TripAdvisor-bestemming vat die ervaring ’n stap verder met sy gewilde vrugtepluk van November tot Februarie. Van 23 November tot 8 Desember sal die landgoed se bulida-appelkose reg wees om gepluk te word teen R8.50 per kg. Vir perskeliefhebbers is die tydperk 14 tot 29 Desember belangrik want dan sal die Oom
Read More